top of page

KINDERKERK

SUPERINTENDENT EN HAAR GESIN

TROMPETTE VIR JESUS

Lê jou kind se fondasie deer God se Woord saam te bestudeer, bewustelik Jesus jou leefstyl te maak en jou kind te wys dat ons nie die onderlinge byeenkoms moet misloop nie. 

Kinders is die kerk van more. Jy is nooit te jonk vir jou Gees om te kan ontvang nie. Ons glo dat die kinders by die Kinderkerk moet leer hoe om in verhouding tot God te groei en dat gemeenskap met ander Christene belangrik is.  Alhoewel Christene tyd alleen waardeer in gebed en gemeenskap met God moet ons buite ons lig laat skyn. Ons leer hulle hoe om gemaklik te wees  met Christenskap, die waardes toe te pas, God te loof en dank vir: Jesus se Kruis dood en liefde. Ons hou van aanbidding, lekkers eet, speletjies speel, grappe maak, maats maak en saam te bid.

 

en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.

HEBREËRS 10:25

 

en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!

MATTHÉÜS 18:3

 

Maar toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik geneem en vir hulle gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.

MARKUS 10:14

Kontak ons:

Ons kom so gou moontlik terug na u!

bottom of page